Tango dag 2.
Ek slaap met musiek en danspassies in my wese. So nuwe ervaring vul mens met energie, maar o aarde, beginners luck is iets van die verlede. Die passies word al hoe ingewikkelder en ek en Corrie verstaan mekaar nie lekker nie.
Hy lei en ek moet volg, my eie keuse en ek dink die geveg in my binneste raak hewiger. Sy rug protesteer en my brein wil,die heeltyd dink, dis moeiliker om te , surrender' as wat mens dink. Hoe minder ek van my self hou, hoe slegter beweeg ek. Die frustrasie neem oorhand en ek moet 'n paar trane stort om die drukkoker te ontlaai, Corrie wil sommer ophou en ry en dis alles behalwe wat ek wil hê, hierdie is my geveg, nie sy skuld nie. My kunstenaars en wiskunde breine veg verbete.
Ons leer nog nuwe beweging en die vloer word te klein vir al die bewegende, proberende lywe. Ons fokus net op onsself en is verbaas toe die groep in 'n sirkel gaan sit en vertel hoe hulle voel. Ek en die meisie met die pienk hare ervaar dieselfde frustrasie. Dis nie ons leiers se skuld, dis ons eie battle. Mense voel van balans af. My kreatiewe brein wil al die volgende bewegings uitwerk maar ek lei nie. Ai!!!!!
Na 'n lekker lang russie, kom oms almal agter dat ons nogals moeg is, maar ons hou aan en dans nog op ons eie 'n bietjie langer. Ons wil.
Vandag is ons laaste dag en dit was 'n wonderlike naweek. Kan nie wag om weer op die dansvloer te kom nie. Hierdie is net die begin om jouself en mense om jou beter te verstaan. Dis om die kleurwiel te leer maar ons moet nog oefen om die kleure te meng.
Wat 'n wonderlike manier om mense beter te leer ken. Ons sal dit van vandag af net stadiger vat, een treetjie op 'n slag, en oefen op die maat van musiek.
Juan en Lumia is gebore!
Tango dag 3.
Ons laaste dans dag na maande se uitsien breek aan. Ek word vroeg wakker en gaan sit onder die akkerboom en word heeltemal rustig. Wat 'n voorreg om op 'n plaas te bly.
Ons is gereed en ry weereens vol opgewondenheid na die eerste sessie van die dag. Ons deel ons ervarings, kuier om die koffie en tee koppies en die groepie begin gel. Dis heerlik. Almal het hulle battles en vreugdes en die selfvertroue word bietjie beter.
Ons leer nuwe passies en begin voel of ons dans, maar dis soos om 'n toonleer te speel, ons kan nog nie liedjies maak nie, maar ek weet mos, dit vat tyd en oefening.
Ons is geïnspireerd. Ek verstaan weer dat ons twee pilare is, en soms loop een voor en soms die ander een. Elkeen het sterk punte. Die tweetjies van Citrusdal se opmerking dat hulle baie geduld met mekaar het, maak 'n diep indruk op my. Dit help nie om aggressief te raak nie, erken dat jy gefrustreerd raak met jouself, dis menslik, jou maat doen sy of haar bes.
Ons luister die mooiste musiek, sien die instrukteurs dans en gaan só geïnspireerd huistoe. Dankie Rachel en Lizelle. Julle kan maar baie meer kom kuier, ons wil dans!.
Ons belowe om te oefen, die musiek is klaar gesoek en vanaand begin ons, min dinge het ons al so geïnspireer, beweging om die maat van die beeldskoonste musiek.
Shall we Dance Juan?
By Annalien van der Colff
Rhebokskraal Olive Estate